Welkom byWikipedia, dievrye ensiklopedie watdeur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. | |
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding •Hulp •Kontak | Gebruikersportaal •Voorbladartikels •Kategorieë •Stel ’n vraag |
Voorbladartikel Dienasionalevlag van Noorweë (Bokmal:Norges flagg;Nynorsk:Det norske flagget) is in 1821 ontwerp deur Fredrik Meltzer en op 13 Julie dieselfde jaar amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’ndonkerblou kruis met wit fraiings op ’ndonkerrooi veld. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif volgens die patroon van die anderSkandinawiese vlae. Die handelsvlag het ’n vlagverhouding van 16:22 en die staatsvlag ’n vlagverhouding van 16:27. Die rooi kleur is PMS 200 en die blou kleur PMS 281 volgens die Pantone-kleurstelsel, onderskeidelik Meltzer het sy voorstel net betyds ingedien wat op 4 Mei 1821 in die parlement uitgestal is saam met ’n groot aantal ander voorstelle. Dit is in die daaropvolgende twee weke deur albei kamers goedgekeur. Meltzer self het geen skriftelike verduideliking verskaf vir sy keuse van ontwerp en kleure nie. Sy bedoelings kan egter afgelei word uit ’n vroeëre brief van 30 April met sy kommentaar oor die voorstel van die vlagkomitee. Dié ontwerp was kwartaalliks rooi en wit verdeel. Meltzer het beswaar aangeteken teen die kleure omdat hulle te naby aan dié van die Deense vlag was. Hy het bygevoeg dat dit ewe onvanpas sou wees om die kleure te kies van enige van “daardie lande waarmee ons verband hou of waarmee ons verbind was”. Pleks daarvan het hy ’n driekleur in rooi, wit en blou voorgestel, “drie kleure wat nou vryheid aandui, soos ons dit gesien het in dieFranse vlag van vryheid, en steeds sien indié van die Nederlanders enAmerikaners, en in dieUnie van die Engelse”. Sy uiteindelike keuse ’n paar dae later van ’n Skandinawiese kruis was duidelik gebaseer op die tradisie wat deur die ander Nordiese landeDenemarke enSwede gevestig is. Hierdie kruis verteenwoordigChristenskap. Die rooi en blou kleure het ook eksplisiet na die ooreenstemmende twee lande verwys, die voormalige en destydse unievennote. Almal wat plaaslik, in die pers of in die parlement aan die vlagbesprekings deelgeneem het, het duidelik verstaan wat daardie kleure beteken het. ’n Oorwegend rooi vlag het baie aanhangers gehad onder diegene wat geheg was aan die unie met Denemarke of aan sy vlag, wat oor eeue heen ook dié vanNoorweë was. Ander, wat Denemarke as ’n onderdrukker beskou het, was ten gunste van die blou kleur wat verband hou met die nuwe Sweedse dinastie wat gesien is as meer ontvanklik vir die Noorse ambisies van outonomie. Gevolglik het die meeste van die ander vlagvoorstelle op die agenda óf rooi óf blou as die oorheersende kleur gehad, na gelang van die politieke voorkeure van die voorstellers. In die nuus ![]()
![]() Het u geweet... ... dat die eerstefiets, wat in 1817 vervaardig is, nie pedale gehad het nie? Pedale is in 1865 bygevoeg, maar die fietse self is toe nog uit hout vervaardig. ... dat sekere vroue in dieVictoriaanse tydperkarseen gemeng metasyn en kalk gedrink het? Dit is gedoen om hul gelaatskleur te verbeter en hulle velle ligter te maak as bewys dat hulle van 'n hoër stand is en nie in die landerye werk nie. ![]() ... datradiogolwe vinniger as klankgolwe beweeg? Tydens 'n regstreekse uitsending sal radioluisteraars duisende kilometers weg 'n stem hoor nog voor die mense wat agter in die opnamelokaal sit dit hoor. ... datLeonardo da Vinci seMona Lisa in1912 uit dieLouvre, inParys gesteel is? In die drie jaar voor dit teruggevind is, is ses kopieë as die ware Jakob teen reuse pryse verkoop. ![]() Vandag in die geskiedenis 14 April: Dag van dieGeorgiese taal (1978); N'Ko-alfabet-dag inWes-Afrika (1949).
Voorbladbeeld Deel van 'n reusekuddebontkwaggas besig om die Mararivier oor te steek inMasai Mara Nasionale Park, Kenia | ![]() Vind artikels ![]() | |
Geografie -Geologie Afrika •Suider-Afrika •Amerika •Antarktika •Asië •Europa •Oseanië Rusland •Turkye •Verenigde State van Amerika Lande •Baaie •Berge •Eilande •Mere •Oseane •Riviere •Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale ![]() | ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية •مصرى •Cebuano •Deutsch •English •Español •فارسی •Français •Italiano •日本語 •Nederlands •Polski •Português •Русский •Svenska •Українська •Tiếng Việt •Winaray •中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه •Нохчийн •Čeština •Suomi •Magyar •Bahasa Indonesia •한국어 •Norsk (bokmål) •Română •Српски / srpski •Türkçe •Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская •Български •Cymraeg •Dansk •Ελληνικά •Esperanto •Eesti •Euskara •עברית •Հայերեն •Қазақша •Baso Minangkabau •Bahasa Melayu •Srpskohrvatski / српскохрватски •Simple English •Slovenčina •Oʻzbekcha •Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans •Asturianu •Azərbaycanca •বাংলা •Bosanski •Galego •हिन्दी •Hrvatski •ქართული •Latina •Ladin •Lietuvių •Latviešu •Malagasy •Македонски •मराठी •မြန်မာဘာသာ •Norsk (nynorsk) •Occitan •Slovenščina •Shqip •Kiswahili •தமிழ் •తెలుగు •Тоҷикӣ •ไทย •اردو •粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés •Башҡорт •Беларуская (тарашкевіца) •Brezhoneg •کوردی •чӑвашла •Frysk •Gaeilge •گیلکی •Hausa •Kreyòl ayisyen •Ido •Íslenska •Basa Jawa •Kurdî / كوردی •Кыргызча •Lëtzebuergesch •lombard •മലയാളം •مازِرونی •Plattdüütsch •नेपाल भाषा •ਪੰਜਾਬੀ •Piemontèis •شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) •Basa Sunda •Ślůnski •Tagalog •Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia | ||
![]() Susterprojekte ![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u dievoorblad verfris. |